7 Augustus 2010
Spreker vir vandag
Johnny Muller
Hartlike welkom aan elkeen wat vanoggend hier teenwoordig is. Mag julle ‘n geseënde Sabbat ervaar. ‘n Spesiale verwelkoming aan al ons besoekers. Geniet die dag saam met ons en kom kuier asseblief gou weer!
Sabbatskool Program:
|
Vandag: |
Volgende week: |
Voorprogram: Volwasse les:
Jeug Les: |
Johannes & Lena Tommy van Gent Andries (Jnr) Matthysen |
Jurie Grobler Job le Roux Verna Koorsen |

Veels Geluk aan almal wat die afgelope week verjaar het. Mag julle nog vele gelukkige lewensjare ervaar!
1 Aug - Alida van Vrede
3 Aug - Mary-Anne van Vrede
6 Aug - Corrie Matthysen
8 Aug - Ray Kruger
9 Aug - Sharleen van Vuuren
11 Augustus - Cindy Duffy
13 Augustus - Wouter Bekker (1)
Huweliksherdenkings
Baie geluk, mag jul nog vele gelukkige jare saam ervaar!
2 Augustus - Faan & Anne Lingervelder
5 Augustus - Richard & Marlene Hubsch
Persone wat u tot hulp kan wees:
|
Vandag: |
Volgende week: |
Ouderling: Diaken: |
Jorrie Jordaan Tommy & Alma |
Verna Koorsen Carel & Gerhard |
Courage doesn't always roar.
Sometimes courage is the quiet voice
at the end of the day, saying,
"I will try again tomorrow."
Gemeente dagboek:
1. Vanmiddag om 16h00 het die Jeug weer Bybelstudie by die kerk. Almal is baie welkom
2. Woensdag-aand om 18h00 is daar Biduur in Stilfontein by Johannes & Lena Steenberg se huis. (Keurboomlaan 68)
3. Dit is nie meer Jeug dag in Potchefstroom vandag nie. Die dag word uitgestel tot verdere kennisgewing
4. 8-14th August 2010: We will be Embarking on a Week of Fasting & Praying. All Pastors, Elders, Lay Leaders, Church Members, Youth and Team Leaders for the Amazing Discoveries Campaign to please commit to the Fast & Prayer. Reading God’s Word & The Spirit of Prophecy Books. Abstain from all secular worldly pleasures e.g. T.V., magazines, worldly music, movies etc. Eat one healthy meal a day if you can, and drink plenty water. We will be praying for the people living around the Mosaik Area and Carter Team. Keep in mind Churches conducting seminars at present Kliptown and Eldorado Park.
5. Die Jeug moet ook asb 14 Augustus oophou , maar almal in die gemeente is ook welkom. Die inwoners van Oleander Park gaan met sang en musiek vermaak word Sabbat middag.
6. Sabbat 21 Augustus is daar ‘n DOOPDIENS. Laat ons asseblief in ons gebede dink aan al die dopelinge, asook die mense wat nog hulle besluite moet neem. Sabbat middag gaan ons DVD’s uitgee in Vierfontein. Ons benodig asseblief baie voete en gebede.
7. Die naweek van10 tot 12 September is daar ‘n kamp by Everest Detox Centre. Die tema van die naweek is hoe om stres te hanteer. Vir meer kontak Daleen de Beer by 082 464 1829
8. Streekskamp 8 – 10 Oktober by Leeuwpoort. Die gassprekers is Lr. Eben de Jager en Dr Johan en Lenie Joubert. Almal is baie welkom! Besprekings vir die naweek kan gedoen word by Piet van Wyk, 018 297 7663 of 083 288 4457.
Lief & Leed
1. Ons dink aan al die mense wat tans platgetrek is deur hierdie aaklige griep. Mag die Groot Geneesheer vertroosting en heling bring.
2. Markus Taute is Donderdag geopereer en het ‘n pypie in sy oortjie gekry. Ons bid dat hy spoedig sal herstel.
3. Lr. Mornay du Plessis se oupa, Lr A.M. du Plessis, wat vir baie jare in die Transvaal Konferensie ‘n predikant en kolporteur was, is 4 Augustus, om ongeveer 8:00 oorlede. ‘n Roudiens sal in die Magaliessig gemeente vir hom gehou word. Sodra al dié reëlings in plek is, sal daar ‘n verdere kennisgewing uitstuur word. Ons dink spesiaal aan die familie tydens hierdie tyd van rou.
4. Bid asseblief vir al die matrieks wat binnekort begin met Rekord Eksamen. Hulle het julle gebede baie baie nodig.
5. Marie Rex was vir ‘n Angiogram, die dokter is tevrede, maar gaan verdere long ondersoek doen. Ons dra haar op in ons gebede.
6. Ons simpatie gaan uit na die Pieter Wesselsoord wat afgebrand het. U is welkom om enige finansiële bydrae te maak by ABSA Heidelberg (Transvaal), Rek. Naam: ADRA TC, Rek. No.: 100 139 0755, Tak kode: 334 143, Ref.: PIETER WESSELS FCCC. Finansiele bydraes is tans nodig vir die oumensies se voorgeskrewe medikasie, valstande, brille, doeke en begrafnisse.(22 is sover oorlede)
7. Jaco en Deo het hul ouers en familie (Jorrie & Hettie inkluis) omtrent in trane, want hul verhuis na PE. Ons wens hul sterkte toe, maar ma Corrie glo hul gaan gou terug kom!
8. Sr. Winnie du Preez is nog op die suurstof. Ons bid dat daar spoedig herstel sal wees want hul plekkie is leeg in die kerk. ‘n Besoek of oproep sal baie waardeer word. Hul tel. Nommer is 018 468 8885.
Why is he/she in heaven?
I was shocked, confused, bewildered
As I entered Heaven's door,
Not by the beauty of it all,
Nor the lights or its decor.
But it was the folks in Heaven
Who made me sputter and gasp--
The thieves, the liars, the sinners,
The alcoholics and the trash.
There stood the kid from seventh grade
Who swiped my lunch money twice.
Next to him was my old neighbour
Who never said anything nice
Herb, who I always thought
Was rotting away in hell,
Was sitting pretty on cloud nine,
Looking incredibly well.
I nudged Jesus, 'What's the deal?
I would love to hear Your take.
How'd all these sinners get up here?
God must've made a mistake.
'And why is everyone so quiet,
So sombre - give me a clue.'
'Hush, child,' He said, 'they're all in shock.
No one thought they'd be seeing you....’
JUDGE NOT!!
Remember...Just going to church doesn't make you a Christian any more than standing in your garage makes you a car.
Every saint has a PAST...
Every sinner has a FUTURE!
Twee Vroue
Twee vroue het na die berg gegaan om te aanbid. Een se gemoed was swaar gelaai met ‘n groot sonde wat sy gedoen het.
Die ander een het haarself nie as ‘n sondaar gesien nie, want sy het net klein goedjies verkeerd gedoen. Daarom het sy haar nie te veel gesteur aan hierdie klein dingetjies in haar lewe nie. Hulle loop ‘n ou predikant raak. Die wyse ou predikant het na hul albei geluister en stuur hulle toe die veld in.
Die een met die groot las, beveel hy om die grootste klip wat sy kan dra na hom te bring. Die ander moet klein klippies vir hom bring.
Na ‘n ruk kom hulle terug met die vrag.
Die vrou met die groot klip, loop krom-rug onder die las. Die ander een het haar voorskoot vol klein klippies gemaak en vind die oefening nogal prettig.
Die ou predikant versoek hulle om die klippe presies terug te sit waar hulle dit gekry het.
Die vrou met die swaar klip het geweet waar sy dit opgetel het.
Die ander vrou het egter ‘n groot probleem gehad. Sy kon glad nie onthou waar sy die klippies gekry het nie. Nou was die uitstappie nie meer vir haar lekker nie.
Die wyse ou predikant antwoord haar “Onthou jou metgesel het groot sonde gedoen en sy het diepe berou daaroor, sy is gewas deur haar trane en berou. Sy weet waar kom die sonde vandaan, net soos sy weet waar sy die klip opgetel het…
…maar jy het baie klein sondetjies, wat soos die jakkalse in Koning Salomo se lied die wingerde vernietig. Jy kan nie onthou wie jy seergemaak of waar jy verkeerd gedoen het nie. Omrede jou sonde so veelvoudig is sal jy dit ook nie kan regstel nie.
Dit sal ‘n las vir jou siel wees, soos wat die klippies toegevou in jou voorskoot jou las is.”
Die vrou het hartseer haar kop laat sak. Vir die eerste keer het sy besef sy is niks beter as haar metgesel met haar groot sonde is nie. Daardie klein dingetjies wat sy so onverskillig doen, maak die Here se hart stukkend.
A ruffled mind makes a restless pillow.
Geheueteks
Rom. 5:1, 2
Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus
Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin
ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.
Klerksdorp Sonondergang
7 Aug 10 - 17h43
14 Aug 10 - 17h47
21 Aug 10 - 17h51