20 November 2010
Spreker vir vandag:
Verna Koorsen
Hartlike welkom aan elkeen wat vanoggend hier teenwoordig is. Mag julle ‘n geseënde Sabbat ervaar. ‘n Spesiale verwelkoming aan al ons besoekers. Geniet die dag saam met ons en kom kuier asseblief gou weer!
Sabbatskool program:
|
Vandag: |
Volgende week: |
Voorprogram: Volwasse les: Jeug Les: |
Leon & Lillian Tommy van Gent Deo Kotzé |
Hendrik & Telana Johnny Muller Andries Jnr |
Verjaarsdae:
Veels Geluk aan almal wat die afgelope week verjaar het. Mag julle nog vele gelukkige lewensjare ervaar!
16 Nov - Annelien van Niekerk
16 Nov - Corrie Koorsen
17 Nov - Dieter van Vreden
18 Nov - Dunelle Hatting
20 Nov - André Koorsen
22 Nov - Monica van Gent
24 Nov - Marie Coetzee
26 Nov - Andries Matthysen Snr
Huweliksherdenkings:
Baie geluk, mag jul nog vele gelukkige jare saam ervaar!
16 Nov - Jorrie & Rosa Theunnesin
17 Nov - Jacques & Lu-Anne Thorpe
Persone wat u tot hulp kan wees:
|
Vandag: |
Volgende week: |
Ouderling Diaken 1 Diaken 2 |
André Koorsen Karel Kruger Collette Tannous |
Andries Matthysen Mariaan Alberts Japie Leeuwner |
Forgiveness is not always easy. At times, it feels more painful than the wound we suffered, to forgive the one that inflicted it. And yet, there is no peace without forgiveness
Forgiveness ... is the finishing of old business that allows us to experience the present, free of contamination from the past.
Gemeente Dagboek:
1. Biduur in Stilfontein is Woensdae om 18h00 by, Johannes en Lena se huis, Keurboomlaan 68, Stilfontein
2. Sabbat 4 Desember is daar ‘n Doopdiens.Laat ons asseblief die mense wat hierdie groot besluit geneem het, spesiaal in ons gebede opdra.
3. Sabbatmiddag 4 Desember het die jeug Sang en Sabbatsluiting. Almal kom 16h30 by die kerk bymekaar. Almal is baie welkom.
4. Sondag 5 Desember gaan daar ‘n Visvang- en Potjiekos Dag by die dam wees. Almal is baie welkom, en vervoer kan gereёl word. Vir meer kontak Gerhard
5. Vrydag aand 10 Desember gaan ons Nagmaal by die kerk bedien, en na die tyd sal daar ‘n Bybel Ete wees. Hierdie geleentheid is oop vir ons lidmate sowel as al die besoekers. Enige persoon wat in die aand probleme het met vervoer na die kerk, kan net vir Andries kontak.
6. Sondag 16 Januarie is daar Koek en Tee, asook Gaskunstenaars by die kerk. Hou die datum nou reeds oop. Meer besonderhede sal later volg
7. 29 Januarie is daar ‘n oorslaap by oom Karel Kruger se plaas. Dit beloof om hope pret te wees tussen die koppies. Almal is baie welkom
8. 19 Februarie sal daar ‘Tenpin Bowling’ vir die jeug wees.
9. 5 Maart gaan daar ‘n 30 Seconds Speletjies-aand by die kerk wees
10. Die naweek van 18 – 20 Maart is dit die NW Jeugkamp te Vryburg. Die gasspreker vir die naweek is Lr Eben de Jager. Almal, oud en jonk, is baie welkom. Meer besonderhede sal later volg.
11.. Kampvergadering te Sedaven is 21 April 2011 – 25 April 2011. Besprekings kan gedoen word vanaf 15 Okt 2010. Vir bespreking, kontak Verna vir vorms, of e-mail direk vir Anita by tc.treasurer.sec@sdachurch.co.za
Lief & Leed:
1. Ons benodig mense wat bereid is om op Sabbatdae die motors op te pas. Almal wat bereid is, moet asseblief hul name vir Jorrie gee, dan sal hy ‘n rooster opstel. Baie dankie reeds vir die bereidwilligheid.
2. Indien daar van die dames is wat graag wil vars blomme bring vir die kerk, moet hulle asseblief vir Hettie kontak by 082 411 6053.
3. Baie geluk aan Bernard en Sandra Steyn. Hulle nuwe seuntjie het Donderdagmiddag 2 uur sy opwagting gemaak. Mag hulle klein Dawid baie geniet.
4. Thea Steyn se tannie is Woensdag oorlede. Ons innige meegevoel aan haar en haar familie.
5. ‘n Jong dame, Elaine Thompson(30) is na ‘n ongeluk in die Klerksdorp Provinsiale Hospitaal, met klaarblyklik n gebreekte bekken. Sy is nie n Adventis nie , maar is stoksiel alleen hier in Klerksdorp. Sy het gevra of iemand nie asb n welwillendheidsbesoek by haar kan bring nie. Sy is in saal 5, bed 29
Eekhoring Krag
“Mislik!” Dit is die enigste manier om te beskryf hoe ek daardie dag gevoel het. My man moes weggaan – alweer! – en daar was ek alleen met ons vier kinders.
Finansies was maar laag, my gesondheid nie te waffers nie, en my tiener dogter het deur ‘n krisis gegaan.
Ek het gebid – o, hoe het ek nie gebid nie ! – dat Jesus dinge ‘n bietjie makliker moes maak.
Toe ek deur my venster kyk na ‘n lap bome wat rustig beweeg in die ligte windjie, het ek my herinner aan ander tye toe Jesus my aangemoedig het om vas te byt totdat Hy dinge kon laat uitwerk.
Dit is toe dat ek ‘n klein eekhorinkie gewaar, wat met sy kenmerkende geluid op en af teen die bome geklim het, klaarblyklik sonder enige sorge in die lewe. Ek het die klein knapie beny.
My eekhorinkie het op daardie tydstip besluit om sy taktiek te verander. Instede van op en af teen die bome te hardloop, het hy begin om van die een boom na die ander te spring.
Hy het tot in die laaste boom in die bos gespring, en toe na nog ‘n boom gekyk wat verwyderd van die ander gestaan het. Dit het gelyk asof hy besig was om ‘n sprong te oorweeg.
Ek het ‘n vinnige skatting gemaak van die afstand tussen die eekhorinkie en daardie boom, en dit het twee tot drie keer verder gelyk as wat hy tot dusver gespring het. Hier was ‘n enorme uitdaging. “Jy kan nie ernstig wees nie, ou kleintjie!” het ek gemompel. Maar hy het nie my advies gesoek nie.
Hy het ‘n paar keer die lengte van die tak gehardloop, en verwoed geskree. Hy het gestop en weer die afstand mooi besigtig, gebuk, en weer gespring. Ek wou wegkyk. Sekerlik sou dit rampspoedig eindig! Maar nee! Hy vlieg oor daardie groot afstand en land grasieus en glansryk in die ander boom op so ‘n manier soos iemand wat weet dat hy vir sulke dinge bedoel is. Hy het gebabbel in oorwinning en verder teen die boom op geskarrel, so asof dit sy beloning was.
Ek het toe geweet wat ek mis. Ek was so besig om teen my probleme vas te kyk – die afstand tussen die bome te meet – dat ek te bang was om te laat los en na die ander kant oor te spring. Ek het my geloof in my Skepper, my Verlosser en my beste Vriend verloor.
Terwyl ek die eekhorinkie dopgehou het, blymoedig al babbelende in die boomtop, het ek geweet dat Jesus my gebed geantwoord het – nie deur ‘n skouspelagtige wonderwerk nie – maar eerder deur die voorbeeld van ‘n gelukkige klein eekhorinkie wat wou waag.
Dieselfde God wat vir hom sorg, gaan ook vir my sorg!
Be anxious for nothing
Klerksdorp Sonondergang
20 Nov - 18h47
27 Nov - 18h53
4 Des - 18h58
Geheueteks:
Spreuke 21:2
Elke weg van ‘n mens is reg in sy oë, maar die
HERE toets die harte.