5 Maart 2011
Spreker vir vandag:
Andries Matthysen
Hartlike welkom aan elkeen wat vanoggend hier teenwoordig is. Mag julle ‘n geseënde Sabbat ervaar. ‘n Spesiale verwelkoming aan al ons besoekers. Geniet die dag saam met ons en kom kuier asseblief gou weer!
Sabbatskool program:
|
Vandag: |
Volgende week: |
Voorprogram: Volwasse les: Jeug Les: |
Johannes & Lena Johnny Muller Andries Matthysen |
Raymond & Collette Gerhard Benade Bernard Steyn
|
Verjaarsdae
Veels Geluk aan almal wat die afgelope week verjaar het. Mag julle nog vele gelukkige lewensjare ervaar!
27 Feb - Nicky Hitge
28 Feb - Chantelle Hitge
1 Maart - Marlene Hubsch
4 Maart - Gerhard Benade
4 Maart - Priscilla van Vuuren
9 Maart - Jorrie Theunissen
Persone wat u tot hulp kan wees:
|
Vandag: |
Volgende week: |
Ouderling Diaken 1 Diaken 2 |
Verna Koorsen Karel Kruger Japie Leewner |
Johnny Muller Duif Erasmus Nicole Benade |
Lief & Leed
1. Ons moet asseblief saam met Christa Pretorius bid vir werk in Klerksdorp, sodat sy nie weg hoef te gaan na Vryheid.
2. Klein Alicia Tannous gaan Maandag gala swem in drie items, en ons wens haar baie sterkte toe.
3. Ons moet ook asseblief vir Priscilla van Vuuren bid dat sy ‘n werk kan kry sodat sy huis toe kan kom.
4. Vanmiddag vanaf 3 uur is almal baie welkom by Harry Badenhorst se plaas vir ‘n mieliebraai. Mens ry op die Wolmaransstadpad, vanaf die laaste robot is dit 20½ km, dan draai julle links in by die kameelperd. Bring asseblief stoele, eetgerei en koeldrank.
Gemeente Dagboek
1. Biduur in Stilfontein is elke Woensdagaand om 18h00 by
Keurboomlaan 68. Vir meer kontak Johannes by 071 877 5594.
2. Daar is elke Dinsdagaand ‘n biduur in Orkney om 19h00 . Hierdie week by Tobie & Marrion by Barto Smit 23, Orkney.
3. Vandag gaan daar ‘n Mieliebraai op oom Harry Badenhorst se plaas wees. Almal oud en jonk is baie welkom.
4. Everest Detox Sentrum: Geluk & Gesondheid kamp vanaf 4-6 Maart 2011. Kontak: 082 464 1829 vir besprekings
5. Die naweek van 18 – 20 Maart is dit die NW Jeugkamp te Vryburg. Die gasspreker vir die naweek is Lr Eben de Jager. Almal, oud en jonk, is baie welkom. Meer besonderhede sal later volg.
6. Sabbat 26 Maart sal daar Nagmaal wees met die ere-diens.
7. Kampvergadering te Sedaven is 21 April 2011 – 25 April 2011.
Vir bespreking, kontak Verna vir vorms, of e-pos direk vir Anita by tc.treasurer.sec@sdachurch.co.za
8. Wyse Gryse Toer . 20 -–28 Maart 2011 na Limpopo saam met Abandant Life. Vir meer kontak Heino Torlage by 034-218 2055 / 082 923 8683
Sabbatskool
1. Opregte dank aan Deon de Preez vir sy bereidwilligheid om met die Hoeksteen Anker klas vir die tieners te help. Die klasse is soos volg :-
Kerk – Volwasse Afrikaanse klas
Saal – Juniors ??? (BINNEKORT)
Biblioteek (agter doopbad) – Hoeksteen Ankers
Klein Saal – Jeug ??? (BINNEKORT)
Ons sal binnekort met ‘n Kragpunt (…. Tot ….jaar) begin. Ons soek dringend na iemand wat bereid is om hierdie klas waar te neem.
2. Vir die wat nie weet nie, u lesboekies word nie deur die Kerk gesubsideer nie en elke persoon is verantwoordelik vir die koste van sy/haar lesboekie. Indien u nie ʼn lesboekie kan bekostig nie ,laat weet asseblief vir Lillian de Haas. Neem asb kennis dat die Hoeksteen Ankers en Kindertuin boekies beskikbaar is by die betrokke klasonderwysers en die volwasse/jeug boekies by Alma Muller . Indien u enige boekie moet betaal , plaas in alle gevalle asseblief u geld in ‘n koevert gemerk “Sabbatskool lesboekies” en oorhandig dit aan Lillian de Haas.
Aan al die onderwysers en persone wat by die uitleiding van Sabbatskool programmme betrokke is, ʼn hartlike dankie vir julle toegewyding en opofferings om ons sabbatskool so pragtig en lekker te maak.
A true gift of love
"Can I see my baby?" the happy new mother asked. When the bundle was nestled in her arms and she moved the fold of cloth to look upon his tiny face, she gasped. The doctor turned quickly and looked out the tall hospital window. The baby had been born without ears. Time proved that the baby's hearing was perfect. It was only his appearance that was marred. When he rushed home from school one day and flung himself into his mother's arms, she sighed, knowing that his life was to be a succession of heartbreaks. He blurted out the tragedy. "A boy, a big boy...called me a freak."
He grew up, handsome for his misfortune. A favourite with his fellow students, he might have been class president, but for that. He developed a gift, a talent for literature and music.
"But you might mingle with other young people," his mother reproved him, but felt a kindness in her heart. The boy's father had a session with the family physician... "Could nothing be done?"
"I believe I could graft on a pair of outer ears, if they could be procured" the doctor decided. Whereupon the search began for a person who would make such a sacrifice for a young man. Two years went by. One day, his father said to the son, "You're going to the hospital, son. Mother and I have someone who will donate the ears you need. But it's a secret," said the father. The operation was a brilliant success, and a new person emerged. His talents blossomed into genius, and school and college became a series of triumphs. Later he married and entered the diplomatic service. One day, he asked his father, "Who gave me the ears? Who gave me so much? I could never do enough for him or her."
"I do not believe you could," said the father, "but the agreement was that you are not to know ... not yet."
The years kept their profound secret, but the day did come. One of the darkest days that ever passes through a son. He stood with his father over his mother's casket. Slowly, tenderly, the father stretched forth a hand and raised the thick, reddish brown hair to reveal the mother had no outer ears.
"Mother said she was glad she never let her hair be cut," his father whispered gently, "and nobody ever thought mother less beautiful, did they"?
Courage doesn't always roar. Sometimes courage is the quiet voice at the end of the day saying, "I will try again tomorrow."
You never really understand a person until you consider things from his point of view
Twee Houtkappers
Ek hoor vanoggend hierdie oulike verhaaltjie van twee houtkappers wat ek graag met julle wil deel. Een was 'n bejaarde en die ander een nog 'n jong knapie. Op 'n dag het hul besluit om 'n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap.
Die jong seun was sterk en fiks en het glad nie gerus nie. Hy het gekap dat die byle huil!
Maar die bejaarde het so elke uur vir 15 minute gerus.
Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde gewen met baie meer bome as die jong seun wat dit glad nie kon verstaan het nie.
Toe hul vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is want hy het elke uur vir 15 minute gerus het hy hul geantwoord "Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak" So werk ons lewe ook. Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by God om jou weer "skerp" te maak vir elke dag se dagtake? Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, jy is aan die wenkant?
Klerksdorp Sonondergang
5 Maart - 18h39
12 Maart - 18h31
19 Maart - 18h23
Geheueteks:
Spreuke 27:4
Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?